Riana Nel – Ek Wonder (Amptelike Musiekvideo)

Thanks! Share it with your friends!

Close

Luister/Koop ‘Ek Wonder’ hier:
https://RianaNel.lnk.to/EkWonder

Volg Riana Nel op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/RianaNelBand?mibextid=LQQJ4d
Instagram: https://instagram.com/riananelofficial?igshid=MzRlODBiNWFlZA==
TikTok: https://www.tiktok.com/@riananelofficial?_t=8fn6vpU59YE&_r=1

_________________________________

Lirieke:

Ek wonder oor die dae wat ek gehad het as kind
Ek wonder oor die letsels wat ek steeds op my lyf vind
Ek wonder oor die gebeurtenisse wat ek nie oor wil dink
Ek wonder, ek wonder sommer.

Ek wonder oor die dinge wat my hart so pla
Al die antwoorde van die Here, en waaroor ons praat.
Ek wonder oor hierdie dinge innie aande laat
Ek wonder oor die dinge wat niemand oor praat.

En ek sê, in Jesus naam eks vry
Ek het identiteit gekry,
Ek het geleer om my lyne te trek in my
Ek sê dit in Sy naam
Kan ek wees wie ek moet wees
Ek leef nie langer meer in vrees
Ek is gebore om te wees, wie ek moet wees

Ek wonder oor die leuens wat die duiwel vertel
Ek wonder oor die kere wat ek geglo het wel
Ek wonder oor die erosie in my denke dis mal
Ek wonder hoe diep ek in onwaarheid kan val.

En ek sê, in Jesus naam eks vry
Ek het identiteit gekry,
Ek het geleer om my lyne te trek in my
Ek sê dit in Sy naam
Kan ek wees wie ek moet wees
Ek leef nie langer meer in vrees
Ek is gebore om te wees, wie ek moet wees

Nou’s ek vry, U vergewe my
Al die dinge en al die mense wat my onder wou kry
Nou’s ek vry, ek vergewe my
Al die dinge en al die mense wat my na U toe moes lei
Nou’s ek vry,

Om te sê, in Jesus naam eks vry
Ek het identiteit gekry,
Ek het geleer om my lyne te trek in my
Ek sê dit in Sy naam (Ek sê dit in Sy naam)
Kan ek wees wie ek moet wees (Wees wie ek moet wees)
Ek leef nie langer meer in vrees
Ek is gebore om te wees, wie ek moet wees

css.php